Chtoniese gode

’n Chtoniese heiligdom in Akragas

Chtoniese gode (Grieks: θεοί χθόνιοι; χθόνιος; theoi chtheonioi, chthonios) is gode met betrekking tot die aarde en veral die onderwêreld. Die term word veral gebruik om onderskeid te tref tussen die gode in die Griekse mitologie.

Die Griekse chthon (χθών) is een van die vele woorde wat die Grieke het vir "aarde". Dit verwys eerder na die binnekant van die aardbodem as na die oppervlak (soos met die woord gaea) of ’n gebied (soos met die woord chora).

Die chtoniese gode vind hul wortels in ’n ou Mediterreense tradisie wat verbind word met vondste in Anatolië. Die siklus van die natuur, asook dié van die lewe en die verdere lewe ná die dood, is die belangrikste take waarmee hierdie gode hulle besig hou.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search